Jump to content

Recommended Posts

Posted

Dinge lyk pikdonker vir 7de Laan se toekoms . . . En soos dinge tans staan sal jy nie Maandagaand oudergewoonte voor jou kassie kan inskuif vir die lief en leed van Hillside se mense nie.

 

“Daar is ’n moontlikheid dat 7de Laan van Maandag nie op die lug gaan wees nie weens die SABC wat nog nie *bad word* please do not do that rakte geteken het nie. Al die werknemers is vandag laat weet dat hulle nie die 25ste betaal gaan word nie,” sê ’n werknemer van 7de Laan, wat verkies om anoniem te bly.

 

Nie net sit hulle nog sonder *bad word* please do not do that rakte nie, die akteurs, skrywers en produksiespanne het ook ’n brief gekry waarin hulle aangeraai word om ’n ander plan met hul debietorders te maak, want dit lyk nie of hul salarisse volgende week betaal gaan word nie.

 

“Die probleem is baie sagkens gestel in die memo. 7de Laan se lynbestuurder, Frances Maposa, het met die span vergader en vir ons gesê Danie Odendaal Produksies hou die 7de Laan-episodes vir seisoen 18 (wat Maandag moet begin speel) terug tot die SABC die *bad word* please do not do that rak teken.

 

“Muvhango en 7de Laan is SABC2 se ankerprogramme en bring die meeste geld in, SABC was ook laat met Muvhango se *bad word* please do not do that rak,” voeg die werknemer by.

 

blur-768x1024.thumb.jpeg.215f2bb6cd0c2a2bfeeb6f021e5af181.jpeg

 

Bron: http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/eksklusief-7de-laan-dalk-van-maandag-nie-meer-op-die-lug-nie/

Join the official JSE Discord Channel

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Restore formatting

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...