EKSKLUSIEF: 7de Laan dalk van Maandag nie meer op die lug nie
#1
Dinge lyk pikdonker vir 7de Laan se toekoms . . . En soos dinge tans staan sal jy nie Maandagaand oudergewoonte voor jou kassie kan inskuif vir die lief en leed van Hillside se mense nie.

“Daar is ’n moontlikheid dat 7de Laan van Maandag nie op die lug gaan wees nie weens die SABC wat nog nie kontrakte geteken het nie. Al die werknemers is vandag laat weet dat hulle nie die 25ste betaal gaan word nie,” sê ’n werknemer van 7de Laan, wat verkies om anoniem te bly.

Nie net sit hulle nog sonder kontrakte nie, die akteurs, skrywers en produksiespanne het ook ’n brief gekry waarin hulle aangeraai word om ’n ander plan met hul debietorders te maak, want dit lyk nie of hul salarisse volgende week betaal gaan word nie.

“Die probleem is baie sagkens gestel in die memo. 7de Laan se lynbestuurder, Frances Maposa, het met die span vergader en vir ons gesê Danie Odendaal Produksies hou die 7de Laan-episodes vir seisoen 18 (wat Maandag moet begin speel) terug tot die SABC die kontrak teken.

“Muvhango en 7de Laan is SABC2 se ankerprogramme en bring die meeste geld in, SABC was ook laat met Muvhango se kontrak,” voeg die werknemer by.

JSE Finance Forum Attachment - Filename: blur-768x1024.jpeg   

Bron: http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/eks...e-lug-nie/
Register for an EasyEquities account by clicking here

#2
7de Laan is nog 'n ding?

Either way, not good from SABC

#3
Ek ken niemand in dit deesdae meer nie.

Het dit altyd gekyk as 'n kind.
Register for an EasyEquities account by clicking here






Users browsing this thread: 1 Guest(s)

Color Skins

Change Color:

Background Patterns:

Background Images:

Main Options: